Sirkel: Paarl
Tak:Wellington
Studierigting: Leefstyl
Beriggewer: Juanita Loubser
Datum van gebeurlikheid: 19 Julie 2022
Leefstyl bring hierdie maand die geure van Indië na ons saam met Nicole Neethling. As Hindoe-gebore wat latere jare na ‘n Roomse Skool toe is, het sy die Christen geloof aangeneem na soveel dinge oor haar lewenspad gekom het.
Na die geboorte van hul 2de kind het sy Flour & Oil begin waar sy en haar man ander mense leer Indies kook in hul eie huis.’n Paar jaar later en sy bied nou klasse aan by venues en was ook al in Europa om daar haar kookvernuf te gaan wys in Basil.
Wellington VLV het geleer hoe om samoesas te maak en hoe om die perfekte hoek te vou vir hierdie kerriehappie. Sy neem ons ook op die reis van speserye en geure en maak die heerlikste Botter-Hoender voor ons. Tussen al die gevou van die samoesas en die kook van die kerrie, word daar ook lekker gesels om die tafels . Daar word gewys hoe word ‘n Sari gedraai om ‘n Indiese dame.
Met soveel lekkertes en warmte in die lug, word hierdie dag afgesluit op ‘n gegeurde noot.
Blik vol speserygeure om kerrie te maak
June Smit, Rinie de jager, Nicole Neetlingh, Gerda Smit en Mynie de Goede van Leefstyl.
Vlv Lede doen lekker mee om samoesas te vou.
Bord vol samoesas tuis gemaak Nicole wys hoe om die perfekte driehoek samoesas te vou
So lyk jou samoesasvelle voor jy begin vou
Nicole vou ‘n Sari om Louise Mouton
Leave A Comment