Sirkel Overberg
Beriggewer: Letty-Ann Möller
Datum: 18 Augustus 2022
VLVK-President ontvang ‘n oorkonde van Dr Ivan Meyer.
Estelle du Plessis, VLVK-President, met haar sagte aanslag en die toonbeeld van waardigheid het haar eerste VLVK Kongres in die Overberg Sirkel op Gansbaai met groot sukses afgehandel.
Die oorhoofse tema was “Die Uitdaging van Verandering” en die projek is ” Bewaar ons Erfenis”. Hierdie tema is duidelik deur alle sprekers uitgelig.
Die Hoofbestuur en oud-VLVK-Presidente was die eregaste en die dankie-persoon vanjaar isDr Ivan Meyer.
In sy Openingsrede het Dr Ivan Meyer, Minister van Landbou Wes-Kaap, melding gemaak hiervan in sy woorde: “Die VLV is ‘n organisasie wat bestaan uit leiers met empatie en deernis.”
Die suksesresep vir sterk vroue is om met sagte oë na mekaar te kyk te midde van die voortdurende dinamika van verandering.
Dr Meyer oorhandig ‘n oorkonde aan die VLVK-President, Mev du Plessis (links) en aan die VLVK vise-president, Mev Low.
Leave A Comment