Sirkel: Overberg

Kongres 2022

Beriggewer: Letty-Ann Möller

Datum: 19 Augustus 2022

 

SOILL- Canola olie bevat die regte balans vetsure

“SOILL is a modern oil extraction plant and edible oil refinery situated in Swellendam and are committed to the provision of the healthier alternative oils.”  (https://www.soill.co.za)

Tersia Joubert het in haar toespraak op die VLVK Kongres op 19 Augustus op Gansbaai verwys na die ontstaan van Canola olie met die opening van Suid Sentraal Koöperasie (SSK).

Tradisioneel gebruik Suid-Afrikaners Sonneblomolie maar die verhouding van omega-6 – tot omega-3 vetsure in canola-olie maak dit ‘n gesonder opsie as Sonneblomolie.

Alhoewel kookolie by herhaling gebruik kan word, beteken die volgende dat jou olie té oud is om weer te gebruik:

-as jou kookolie begin rook

– ‘n klankie het

– of ondeursigbaar bruin raak.

Canola produkte – deel van Tersia Jouert se aanbieding.

 

Ongeag gure weer wat die benutting van die seilbedekte buiteruimte ontoeganklik gemaak het en die potensiële ruimte ingeperk het, het die kongres goed verloop.  Vroue wat mekaar slegs op sosiale media en deur VLV korrespondensie geken het, kon eerstehand ontmoet en wat ‘n verskil maak persoonlike kontak nie by sosiale netwerking nie!

Sirkel Overberg was goed georganiseer en het hard gewerk.  Hulle was goeie gasvroue en die takke van VLVK was goed verteenwoordig op VLVK Kongres 2022.

 

 

Die 92ste VLVK Kongres is deur Sirkel Overberg aangebied.

 

 

 

 

 

 

 

Dr Meyer, Minister van Landbou in die WesKaap, oorhandig ‘n oorkonde aan die VLVK President, Mev du Plessis(links) en aan die VLVK vise-president, Mev Low.

 Isabel Wilken, VLVK Leefstylsaamroeper by die redakteur van Tuis, Wicus Pretorius.

 

 

Elsabé Carstens, Sirkelpresident van  Weskus is ‘n toonbeeld van “her-leef” met haar opvallende dopamien klerestyl.

 

 

Geel aksentstoele.

Kongresgangers. Voor, 2de van links, Mevrou Magdie de Kock, Wêreldbondpresident van die Wêreldbond van Plattelandse Vroue. (Foto geneem deur Sharon Bales)