Sirkel: Sirkel Weskus
Tak: Leipoldtville
VLVK Kongres 2022
Beriggewer: Elsabe Carstens
Datum: 18 Augustus 2022
By ons eerste Kongres te Gansbaai na die Covid tydperk het Sirkel Weskus hulle nuwe uittrek vaandel bekend gestel.
Sirkel Weskus het ‘n kompetisie geloods tussen al die takke. Altesame 10 pragtige inskrywings is ontvang en die Dagbestuur moes behoorlik kopkrap oor die voorstelle wat op die tafel was. Almal uniek en besonders.
Op die ou einde was dit ‘n spanpoging tussen Ma en seun, naamlik Annette Gilham en haar seun Theunis, wat die wenners was
Ek heg ook hiermee die simboliek van die vaandel vir u aan. Hulle poging was om al die 14 takke van Sirkel Weskus uit te beeld.
Sirkel Weskus vaandel se simboliek soos bekend gestel by die Kongres te Gansbaai 2022:
Die Weskus word verteenwoordig deur die berg en see in die agtergrond. Ons vrouens word verteenwoordig deur blomme (gousblomme – Sandveld) en protea (Sederberg en Piketberg) van ons wêreld. Die koring (Swartland), aartappels (Sandveld), rooibostee (Clanwilliam en oral hier rond) en lemoen (sitrus – Sederberge, Citrusdal en Sandveld), word daagliks in ons kombuise gebruik. So ook die vleis van die vee en die vis van die oseaan (Seedorpe).
Die woldraadjie (Swartland) wat deur die prent weef maak jaarliks baie lywe warm met truie en komberse wat ons VLV vrouens hekel of brei en groothartig uitdeel.
Soos die berg (Spioenkop) is ons vrouens die standvastigheid en die ruggraat in ons huishoudings en dorpe.
Soos die see kan ons onstuimig en kwaai raak, maar ook kalm en rustig. En al word ons hoé sleg behandel, hou ons ook nooit op om te gee nie.
Alles op die vaandel verteenwoordig God se skepping en ons geloof.
VLV Sirkel Weskus is eerlik, onpretensieus, gelowig, knap en kunstig!
(Sy het probeer om al die dorpe in te bring by die vaandel)
Elsabe Carstens, President van Sirkel Weskus en Annette Gilham, Kunste & Handvlyt Saamroeper, Leipoldtville by die nuwe vaandel.
Elsabe Carstens, President Sirkel Weskus en Annette Gilham, Leipoldtville se Kunste & Handvlyt Saamroeper op die bank van die fotohoekie.
Elsabe Carstens, Sirkel President van Weskus en Mary-Ann van Schalkwyk, Vooristter van Portervilletak in ligte luim by Kongres.
Mev. Estelle du Plessis, VLVK President en Elsabe Carstens, wat Mev. Estelle du Plessis opgevolg het as Sirkel Weskus President.
Leave A Comment