Sirkel: Tygerberg
Tak: Goodwood
Portefeulje: Kunste en Handvlyt
Beriggewer: Alet Colyn
Datum: 16 Augustus 2022
Andrea Baramasco het aan ons die kuns van Papiermachè kom demonstreer. Dit is ‘n veelsydige kunsvorm en daar is verskeie suksesvolle maniere om dit te bemeester.
‘n Eenvoudige resep van 1 koppie meel, een koppie water en ‘n teelepel sout kan ‘n goeie eindproduk verseker. Deur modge podge of houtlym by te voeg, kan ook ‘n goeie eindproduk oplewer, maar sy beklemtoon dat die basiese resep goedkoper en net so goed is.
As gevolg van die baie vog in die lug, word dit aanbeveel om dit nie in die winter te doen nie…die son is die enigste bron van hitte wat ‘n suksesvolle eindproduk verseker. 3 Lae repies koerantpapier word in die mengsel gedoop en geplak…elke laag moet goed uitdroog voordat die volgende een aangewend word, anders kan die artikel muf. Die droë artikel word dan met ‘n onderlaag geverf en dan volgens jou smaak versier.
Andrea Baramasco (spreker) en Jo-Ann Gericke (sameroeper)
Leave A Comment