Sirkel: Weskus

Tak: Eendekuil

Portefeulje: Leefstyl

Beriggerwer: Lydia Le Roux

Datum: 10 Augustus 2022

Ons gasspreker vir die Leefstylvergadering, was Gina de Beer – VLV-lid van Porterville.  Sy het ‘n eie naaldwerkbesigheid vanuit haar huis op die been gebring, wat van jaar tot jaar steeds uitbrei.

Haar praatjie het waardevolle wenke ingesluit  –  van verskillende soorte garing om te gebruik, tot die beste “gereedskap” wat die beste resultate sal waarborg –  van skêre en maatbande, tot naalde en spelde.  ‘n Interessante brokkie raad ten opsigte van rekbare – en nie-rekbare materiaal op gekoopte patrone, was vir ons nuus…

(Hierdie foto deur Lettie de Waal geneem)

Die saal was pragtig opgemaak.  ‘n Paar lede kuier al van vroeg af tot almal opdaag.

 

 

 

 

 

 

 

3 Boonste foto’s: Voorbeelde van klere en kussings wat Gina en haar werkers onder andere maak, is hier uitgestal.

Links op die foto is Lettie de Waal, saamroeper van die Leefstyl-vergadering.  By haar is tannie Kitty Krige, ons oudste VLV-lid wat pas 90 jaar oud geword het.  Inge Matthee met haar seuntjie, was die beoordeelaar vir die voorgeskrewe gebak.

Drie koeke, een wenner – Lettie kry die eerste prys, en sommer ook vir die baie interessante en leersame vergadering.  Hierna was dit teetyd met genoeg koek vir almal.