Sirkel: Kalahari
Tak: Vryburg
Studierigting: Openbare Sake
Aanbieder: Carien Van Niekerk
Beriggewer: Nellie Viljoen
Datum: 10 Augustus 2022
Hendriette van Huyssteen, raadslid van die plaaslike munisipaliteit, het Vryburg VLV besoek. Dit is belangrik dat kiesers moet registreer. Met die vorige verkiesing was daar sowat 26 000 geregistreer kiesers in Vryburg maar minder as die helfte het van die voorreg gebruik gemaak om te stem. Geen inwoner kan bekostig om polities neutraal te bly nie, omdat die probleem nie gaan verdwyn nie. Die publiek se insae is belangrik wanneer die Geïntegreerde Ontwikkelings Plan (Integrated Development Plan) van stapel gestuur word. Daarsonder kan fondse nie toegewys word aan instandhouding nie. Raak betrokke by gemeenskapsaktiwiteite. Maandelikse wyksvergaderings word gehou. Dit is prysenswaardig dat die gemeenskap eie inisitief neem om bv slaggate te herstel. Die verfraaiing van Warrenweg word in die vooruitsig gestel.
Hendriette van Huyssteen en Carien van Niekerk
Leave A Comment