Sirkel: Paarl
Tak: Suider Paarl
Portefeulje: Landbou en Tuinbou
Berriggewer: Gonny du Plessis
Datum: 10 Augustus 2022
Die Landbou en Tuinbou vergadering van ons tak is waargeneem deur die sameroeper Mev Elsa Gous en haar helpers.
Die gasspreker vir die oggend was mev Ananda van Heerden van “New Life Greens”. ‘n Bedryf wat sy self opgebou het gedurende die Covid 19 Pandemie. Sy was voorheen in die voedselbedryf, maar met die stil tye het sy die kweek van mini groente in die vensterbank begin. Tans het sy ‘n aanlyn winkel en van haar produkte kan by die Spar winkels gekoop word. Sy gee ook praatjies by skole en instansies.
Die produk bestaan uit ‘n bak of ‘n fles, genoeg kompos, saadjies van verskillende soorte groente, ‘n waterspuitbotteltjie en ‘n pamflet met aanwysings.
Die doel van die tuintjies is vir tuisgebruik en vir versiering op tafels van restuarante of tuis. Dis iets wat lewe en wat groen is.
Die saad groei binne 14 dae tot plantjies wat geknip en geëet kan word. Die voedingswaarde van die klein mikro plantjies is 60 keer hoër as van ‘n groot volwaardige plant. Daar is saad van ertjies, radyse, sonneblomme en broccoli in die pakke.
Die blaartjies kan rou geëet word, of in sop, in bredies en net as garnering gebruik word.
Die spreker het bakkies met plantjies gebring en die lede kon daarvan proe. Sy het ook gedemonstreer presies hoe dit moet geplant word. Dit was baie leersaam.
Mev Ananda van Heerden doen die demonstrasie
Mev Elsa Gous oorhandiig ‘n geskenkie.
Bakkie met volgroeide plantjies
Voorbeeld van verskillende plantjies in een houer.
Leave A Comment