Sirkel: Middelland

Tak: Aberdeen

Portefeulje: Openbare Sake

Beriggewer: Lea van der Vyver

Datum: 10 Augustus 2022

Vir Augustus se vergadering reël Openbare Sake Saamroeper, Suzanne Lategan, dat lede Graaff-Reinet as toeriste besoek.  Twee museums, naamlik Reinet Huis en die Ou Residensie word besoek.  Die vriendelike personeel gee ‘n oorsig van die geskiedenis van elk.  Daar word deur die huise gestap en alles word in detail bekyk.  Dit is baie interessant om insig te verkry in hoe mense vroeër geleef het en ook om die pragtige ou meubels te bewonder.  Dit is verfrissend om te sien hoe netjies en skoon alles onderhou word.  In die tuin van Reinet Huis is daar ook ‘n wingerd wat reeds in 1870 geplant is!

Om die oggend af te sluit, word daar op die stoep van die nuut geopende Coldstream Restaurant van Hestie van der Mescht gekuier en geëet.  Die restaurant is geleë in die historiese gebou van die Graaff-Reinet Men’s Club – die tweede oudste sosiale klub in Suid-Afrika.  Dit is gerestoureer nadat ‘n brand sowat ‘n jaar gelede die gebou beskadig het.  Die interieur van die restaurant is pragtig en stylvol – moderne elemente word perfek met die historiese gekombineer.

Dit is duidelik dat daar in Graaff-Reinet nog moeite gedoen word om erfenisse te bewaar.

Aberdeen lede op die trappe aan die agterkant van die pragtige Reinet huis

Agter vlnr: Elise Steynberg, Carina Esterhuizen, Karen van Rensburg, Elna van Niekerk, Lizemari Jordaan, Clarissa Lategan. Voor vlnr: Jana Lategan, Maryke Lategan, Suzanne Lategan, Anna Heroin, Lea van der Vyver

 

 

 

 

 

 

 

 

Coldstream Restaurant se stylvolle interieur