Sirkel: Overberg

Tak: Bredasdorp

Portefeulje: Opvoeding & Kultuur

Beriggewer: Letty Ann Möller

Datum: 4 Augustus 2022

 

Ons weet van die Koopmans-de Wet huis in Strandstraat, Kaapstad, maar wie was Marie? Ek het gaan google…

“Marie Koopmans-de Wet was ‘n formidabele vrou. Sy was lid van die hoofbestuur van die Suid-Afrikaanse Taalbond en het ook boekpryse aan Suid-Afrikaanse Kolleges gestuur. Haar grootste en belangrikste werk sou sy egter in belang van die vrou en kinders in konsentrasiekampe doen. Sy het tussen die jaar 1900 en 1902 ’n groot som geld geadministreer en duisende kiste klere saam met haar suster ontvang, oorgepak en na verskillende kampe gestuur. Die onderste vertrekke van haar huis is omskep in ’n pakhuis vanwaar alles verdeel, oorgepak en versend moes word.

Haar gesondheid wat nooit van die beste was nie het onder die veelvuldige werksaamhede gekwyn en sy is in Augustus 1906 oorlede. Voor die tyd het sy en haar suster ’n gesamentlike testament opgestel waarin hulle hul woning in Strandstraat met meubels en al aan die volk van Suid-Afrika bemaak het, terwyl hulle hul geld veral in die opvoeding van oorlogswese toegesê het.”