Sirkel: Overberg
Tak: Bredasdorp
Studierigting: Gesondheid
Beriggewer: Letty-Ann Möller
Datum: 2 Augustus 2022
“Ons kan nie genoeg dankie sê dat Covid uiteindelik die wyk geneem het nie. Dit was ‘n moeilike tyd. Dit was moeilik gewees vir ons in die beroep en ons is elke dag dankbaar om sonder maskers te gaan werk.” Met hierdie woorde het die Gesondheidsameroeper, dr Erna Visser van Bredasdorp, haar vergadering Dinsdag, 2 Augustus 2022, geopen. Daarna het sy elk van haar twee beroepsverwante sprekers voorgestel aan ‘n geïnteresseerde gehoor.
Albei sprekers is gebore Bredasdorpers wat nadat hulle gekwalifiseer het op Bredasdorp hulle Skoonheids- en Dieetkundige praktyke onderskeidelik oopgemaak het.
Jenna de Wet (neè Pratt) het die waarde van gesigreiniging, vogroom en sonbeskerming beklemtoon. Sy het ook die vyf essensiële elemente in grimering uitgelig.
Reneè Neethling (neè Pieterse) het op haar beurt die 20 – 80 beginsel van gesond eet gedeel.
Daar is ook by hierdie vergadering ‘n nuwe bestuur vir 2023 gekies.
Hierdie Gesondheidsvergadering het al die elemente van styl en intellektualiteit ingesluit.
Leave A Comment