Sirkel: SWD
Tak: Klein-Brakrivier
Portefeulje: Openbare Sake
Beriggewer: Lydie Terblanche
Datum: 26 Julie 2022
Dinsdag 26 Julie, onder die Openbare Sake portefeulje, het ons tak van Helpende Hand en ook die brandweer, belangrike inligting en noodsaaklike wenke ontvang.
Janine en haar groepie lyndansers het almal se voete laat jeuk. Soos gewoonlik was daar bederf lootjies en ‘n R10-tafel.
Beulla Kirstein en haar span voorslag gasvroue: Jenny Spangenberg, Martie Wentzel en Miens Willers, het ook vir pragtige blomme en heerlike eetgoed gesorg.
Noodnommers vir die brandweer en ander dienste
Beulla Kirstein en brandweerman Jowin Losper. Marlise Labuschagne Helpende Hand, Suid-Kaap area bestuurder
Lyndans dames, Janine Kilian, Ansie Visagie, Berta van Loggenberg en Lenie Grobler
Retha Horn, Cecilia Pieterse en Esmé Robertson was gelukkige lootjie wenners!
Lyndanse
Dit was ‘n baie interesante oggend. Dit was goed om te hoor hoe om meer versigtig te wees oor brande en wat om te doen.