Sirkel: Middelland
Tak: Aberdeen
Portefeulje: Landbou & Tuinbou
Beriggewer: Christelle Nel
Datum: 20 Julie 2022
Aberdeen VLV hou jaarliks 10 vergaderings met ‘n blaaskans elke Julie & Desember. Die lede is egter so begeesterd en aktief dat iets beplan moes word vir Julie.
Woensdag 20 Julie kon nóg die ysige weer nóg die reën Aberdeen Tak se lede en ‘n paar vriendinne se opgewondenheid demp vir die uitstappie na Allemanskraal – die plaas van Garth en Elsa Featherstone. Alle verwagtinge is oortref deur die aalwyn skouspel wat oranjerooi op ons gewag het!
Volgens ‘n kenner wat al die plaas besoek het, is dit een van die drie grootste areas in Suid-Afrka wat oortrek is met aalwyne.
Ná die uitstappie is die koue verdryf deur ‘n kaggelvuur wat ewe oranje geknetter het, en heerlike sop uit Elsa se kombuis.
Die aalwyne lok jaarliks besoekers in die winter, maar die baie reën vanjaar dra by tot groei en groen om ekstra prag te verleen.
Aalwyne so ver die oog kan sien
Dames stap in verwondering tussen die aalwyne
‘n Aalwyn soos die hoogstaande een, is meer as 100 jaar oud
Druppel vasgevang deur die lens van Lizemari Jordaan
Dames wat die uitstappie meegemaak het:
Staande: Heidi Lombard, Alet Gouws, Annalie Lategan, Carina Esterhuizen, Luise de Jager, Karen van Rensburg, Elna van Niekerk, Lizé de Jager, Tanya Gouws, Christine Gerber, Christelle Nel & Sonja du Buisson
Sittende: Ziléke de Jager, Elsa Featherstone, Tiané Lombard, Suzanne Lategan & Lea van der Vyver
Fotograaf: Lizemari Jordaan
Leave A Comment