Sirkel: Overberg
Tak: Bredasdorp
Studierigting: Leefstyl
Beriggewer: Letty-Ann Möller
Datum: 22 Julie 2022
Die aand het seepglad verloop. Van toesprake was daar geen sprake nie, bloot ‘n spontane verwelkoming, vierkantige tafels met óf swart óf wit damask tafeldoeke, minimum tafelversierings ( 7 oorgetrekte kongrestennisblikke soos reuse ‘pick-up-sticks’) as middelpunt op elke 10-sitplek tafel en bont gevoude servette met minimum eetgerei en voilà! Die tafel(s) is letterlik én figuurlik gedek vir wat een gas beskryf as “die beste VLV-funksie wat ek nog bygewoon het”!
Wat niemand besef nie, is dat die beplanning reeds in April gedoen is.
Terugblik…
* Sop en Soetes 22 Julie 6nm*
1. Reël vir Overberg Agri-lokaal.
2. Koste per kaartjie is R100.
3. Ses 5-liter potte sop en brode sal gemaak word en lede sal genader word vir nóg.
3.1. Broccoli-sop.
3 2. Groentesop.
3.3. Pampoensop.
3.4. Seekossop.
3.5. Ertjiesop.
3.6. Boontjiesop.
3.7. Twee brode elk.
3.8. Elke bestuurslid sal reël vir 1 oondpan poeding (15 porsies) en 1 brood.
3.9. Konfyt uit marktafelskenking.
3.10. Bestanddele soos botter,kaas,servette,koffie,tee,suiker,melk en sjerrie sal uit die VLV-fondse aangekoop word.
4. Reël vir musiek en musieksentrum.
5. Tafels opmaak!
Hoe deegliker die beplanning, hoe spontaner die aand.
Leave A Comment