Sirkel: Paarl
Tak: Wellington
Studierigting: Leefstyl en Opvoeding & Kultuur
Beriggewer: Juanita Loubser
Datum van gebeurlikheid: 24 Junie 2022
IL Divo , Pavarotti, Lingini, Tortellini, Tiramisu, o die wonderlike Italië!!! Vandag het ons die heerlikste pasta self gemaak. Juanita Loubser, voorsitter, het pastamasjiene vasgemaak aan die tafelblad en pastadeeg aangemaak. Daar is gewys hoe om met ‘n pastamasjien te werk en te rol met al sy verstellings. Dan is die pasta gesny in tagliatelli en spaghetti. Gerda Smit, Leefstyl sameroeper, het tortellini gemaak. Dit is halfmaanvormige gevulde pasta wat sy met spinasie en feta gevul het en later met ‘n ryk sampioensous voorgesit het. Beppie Altintopi het die allerheerlikste geen-vleis bolognaise met eiervrugte gemaak. Dit wys jou net hoe ‘n Wintersvergadering in pret omskep kan word en lede ingespan word om aktief deel te neem tydens ‘n vergadering. Lede het ook self pasta gerol, gesny en gevul.
Susan Laubscher het die wat nie wou help kosmaak nie, ingespan met blokraaisels. Glo dit maar in hierdie vergadering was daar nie tyd vir sit en slaap nie, Jou breinkrag is beproef en lede het dit sommer baie geniet om bietjie pret ook te hê.
Wat ons as tak geleer het met ons Italiaanse oggend, is dat ons binne–in ons tak ons lede kreatief kan inspan om vergaderings aan te bied. So voel hul deel van die oggend en is interaktief betrokke.
Deel van Wellington VLV se omgee vir die jaar is om ’n gesin by te staan wie se kind kanker het. Lede het bydraes gebring vir die gesin van 6 sodat almal in daardie huis bietjie bederf voel.
KANKERBOKS met bederfitems soos koekies, handeroom, warm sjokolade en handgebreide kombersies en serpe.
Tagliatelli hang om te droog voor dit vir minute kook
Juanita Loubser (voorsitter ) maak pastadeeg aan en wys hoe dit gerol en sny word.
Gerda Smit en Emmelina gerber maak tortelinni terwyl Susan Laubscher en Elsa Aebi pasta rol en sny. Louise Swart help met die pasta rol.
Colette Knoetze (nuwe lid) en Rinie de jager neem meelewend deel aan die blokkiesraaiselpret
Emmelina en Susan konsentreer hard om perfekte pasta te maak.
Tagliatelli is gekook
Mynie de Goede, Amelia Jacobs, Elsa Aebi, Colette Knoetze, Beppie Altintopi, Emmie Malan en Susan Laubscher beproef al die disse.
Leave A Comment