Sirkel: Kalahari
Tak: Vryburg
Tema: Opvoeding en Kultuur
Beriggewer: Nellie Viljoen
Datum: 20 Julie 2022
Aanbieder: Petro Ollewagen
Ds Riaan van Staden besoek Vryburg VLV en skets die rol van oupas en oumas in die lewe van hul kleinkinders na aanleiding van Spr 17:6. Grootouers moet ‘n nalatenskap van seën skep. Statistieke het bewys dat gelowige ouers ‘n verskil maak in die lewens van hul nageslag. Bid vir beskerming maar ook dat elkeen van jou kleinkinders God sal ken. Onderrig hul in Bybelse waarhede. Grootouers se ervaring en lewensverhale speel ‘n beduidende rol in kinders se lewens. Hulle moet lewende modelle wees van God se liefde. Luister na jou kleinkind en word ‘n wyse vertroueling. Wees daar en wees beskikbaar. Bly op hoogte van nuwe tegnologie, dit is soms die enigste manier om kontak te behou met kinders wat ver bly.
Die tak neem afskeid van Dorette Visser wat na Grootbrak gaan verhuis.
Karien van Niekerk vertoon hemde met tak se logo.
Ds Riaan van Staden en Petro Ollewagen
Dorette Visser en Esta Twigge
Carien van Niekerk wys hemp met tak se logo op
Leave A Comment