Sirkel: Weskus
Kunste en Handvlyt werksessie
Beriggewer: Maggie Enever
Datum: 19 Julie 2022
Die suksesvolle werksessie is deur mev Elize Knoetze sameroepster van Kunste en Handvlyt Sirkel Weskus en Velddrif VLV, by Soverby Lapa Dwarskersbos aangebied.
Mev Ferina Visser het Puntverf (Dot Paint Art) in diepte bespreek en riglyne vir die beoordeling gedeel. Die 74 kursusgangers is ook met praktiese raad bygestaan.
Mev. Ferina Visser
Sirkel Weskus Bestuur:
Agter: Mevv Ferina Visser en Elize Knoetze, (Kunste en Handvlyt)
Voor: Mevv Elsabé Carstens (President Sirkel Weskus), Mari Grobbelaar (Visi-president en Opvoeding & Kultuur), Maggie Enever (Landbou & Tuinbou)
Mev. Nicoline Brown (Openbare Sake) het ook die kursus bygewoon.
Die leersame kuier oggend is met ’n middagete van heerlike sop en vars gebakte brood afgesluit.
Leave A Comment