Sirkel: SWD
Tak: Heidelberg
Portefeulje: Gesondheid en Opvoeding&Kultuur
Beriggewer: Ria Dell
Datum: 19 Julie 2022
Selfone en jou gesondheid
Sommige mense is bekommerd dat die radiofrekwensie-energie van selfone kanker of ander ernstige gesondheidsgevare kan veroorsaak.
Selfone straal lae vlakke van radiofrekwensie-energie uit, ‘n tipe nie-ioniserende straling, wanneer hulle gebruik word. Soos gestel deur die Nasionale Kankerinstituut, “daar is tans geen konsekwente bewyse dat nie-ioniserende bestraling ‘n kanker risiko by mense verhoog nie. Die enigste erkende biologiese effek van radiofrekwensie bestraling by mense is verhitting”
Radiofrekwensiestraling is ‘n tipe elektromagnetiese straling, wat ‘n kombinasie is van elektriese en magnetiese velde wat saam as golwe deur die ruimte beweeg.
Elektromagnetiese straling val in twee kategorië:
Nie-ioniserende straling: Roetine-blootstelling aan nie-ioniserende straling word oor die algemeen as skadeloos vir mense beskou.
Ioniserende bestraling: Hoë-energie bestraling het die potensiaal vir direkte sellulêre en DNA skade.
Na 30 jaar se wetenskaplike bewyse, kon hulle nie die blootstelling aan radiofrekwensie-energie van die gebruik van selfone aan gesondheidsprobleme, soos kanker, koppel nie.
Volgens openbare gesondheidsdata oor kankersyfers toon dit duidelik geen wydverspreide toename in brein- en ander senuweestelselkanker in die afgelope 30 jaar nie ten spyte van die enorme toename in selfoon gebruik gedurende hierdie tydperk. Trouens, die koers van kankers in die brein en ander senuwee stelsel wat in Amerika gediagnoseer is, het die afgelope 15 jaar afgeneem.
Omdat bronne van radiofrekwensie-straling so algemeen in die moderne wêreld voorkom, is daar geen manier om heeltemal blootstelling te vermy nie. Daar is wel ‘n paar maniere waarop jy jou blootstelling aan radiofrekwensie-straling kan verlaag, soos:
• Vermy werksgeleenthede met verhoogde radiofrekwensie-blootstelling
• Beperk die tyd wat jy naby toerusting en ander toestelle (soos WiFi-routers) spandeer
• Kry ‘n handvrye toestel wat direk aan jou foon koppel
• Gebruik die luidspreker op jou selfoon meer gereeld
Daar is wel ander verrassende maniere waarop selfone jou gesondheid kan beïnvloed. ‘n Studie wat in Turkye gepubliseer is, dui daarop dat een selfoonverwante gesondheidsbedreiging wat baie mense in die gesig staar, dalk glad nie van hul eie fone is nie, maar die van hul dokters. Die selfone van 200 dokters in hospitale is ondersoek vir gevaarlike kieme. 94,5% van die fone wat getoets is, was besmet met een of ander soort bakterieë. Erger nog, sommige van die bakterieë, was die wat bekend is as “superbugs” (bakterieë wat ‘n weerstand teen een of meer antibiotika het).
Ten spyte hiervan is daar ook bevind dat slegs sowat 10% van die dokters, hul selfone op ‘n roetine-basis skoon maak.
Leave A Comment