Sirkel: Tygerberg
Tak: Goodwood
Portefeulje: Leefstyl
Beriggewer: Alet Colyn
Datum: 19 Julie 2022
Op ‘n koue wintersoggend het Alet Erasmus van Creative Cuisine Pantry ons lede kom bederf met ‘n baie interessante praatjie oor die ontstaan van haar produkte. Sy het aanvanklik met ‘n eenvoudige slaaisous begin, en a.g.v. die gewildheid daarvan, en die feit dat sy dit graag by ‘n mark wou verkoop en meer as een produk op die tafel moes hê, het sy ‘n groter verskeidenheid begin ontwikkel.
Sy het BSc Huishoudkunde en Onderwys studeer, en kon so haar liefde vir kosmaak uitleef. Sy vertel van die streng reëls en regulasies waaraan hulle in die fabriek moet voldoen. Sy het o.a. met die hulp van een van ons lede, die heerlikste canapès, so tussen die praat deur, berei. Die lede ontvang ook elkeen 2 van haar wonderlike produkte as geskenk. Dankie Alet!
Alet Erasmus (spreker) en Alet Colyn (sameroeper)
Leave A Comment