Sirkel: Overberg
Tak: Bredasdorp
Studierigting: Openbare Sake
Beriggewer: Letty-Ann Möller
Datum: 18 Julie 2022
Suideroord het ons tak genader om hulle ingangsportaal op te kikker en dis presies wat ons op Mandeladag met ons 67 minute gedoen het!
Bedrukte materiaalmonsters is aan die Suideroordbestuur voorgelê…ja, hulle kon kies hóé die kussings, lopers en gordynkap moet lyk.
Die keuse het op rooi proteas geval. ‘n Uitstekende keuse want is Bredasdorp dan nie die fynbosmekka nie?!
Vroegdag is daar tafelpote afgeskuur voordat dit posbusrooi geverf is. Selfs die plantbakke het rooi baadjies gekry.
Die materiaal steek goed af teen die titseltjies rooi en nadat ‘n intensiewe spanpoging aangewend is – ons moet bieg, ons moes die manne se hulp inroep – is Suideroord se voorportaal nou mooi.
Hiervan getuig Suster Binneman van Suideroord se terugvoer:“Hi daar. Julle was so besig gister dat ek julle nie wou steur nie, maar wil net ook sê die stoep lyk pragtig! Weet nie wie was almal betrokke nie maar sê vir die res ook asb. Voel sommer ‘cosy’.Merildaxxx”
Leave A Comment