Sirkel: SWD
Tak: Klein-Brakrivier
Beriggewer: Lydie Terblanche
Datum: 1 Julie 2022

Klein-Brakrivier VlV is 84 jaar oud

Die Klein-Brakrivier Vroue Landbou Vereniging (VLV) was 1 Junie ‘n hele 84 jaar oud.

Die voorloper van die VLV was huisvlyttakke wat deur die Departement Landbou gestig is. In 1921 word die eerste huisvlyttak in George gestig en in 1926 is Mev Dora Robertson by die stigting van die Huisvlyttak te Diepkloof, teenwoordig.

Met die koms van die VLVK na die Suid-Westelike Distrikte (1929), word die George- en die Diepkloof Huisvlyttakke die eerste twee VLV-takke in hierdie distrik. Mev Dora Robertson word die Voorsitter van Diepkloof VLV-tak.

Ten einde op 28 Julie 1933 word afgevaardigdes van al die Suid-Westelike Distrikte (SWD) takke na George gestuur waartydens ‘n sirkel vir hierdie distrikte tot stand kom. Mev Dora Robertson word as die eerste Presidente van die SWD-Sirkel verkies.

In 1938 word mev Dora Robertson deel van die VLVK Hoofbestuur, en op 1 Julie 1938 word die Klein-Brakrivier tak op die plaas Groot Zorgfontein deur haar gestig. Sy is dan ook die tak se eerste voorsitter en bly aan stuur van sake tot einde 1944. Notules meld min of meer 10 lede en altyd ‘n hele paar besoekers aan. Vergaderings word aanvanklik van huis tot huis op die naburige plase gehou.

Vandag is die tak steeds vuur en vlam aktief en het dit tot die tweede grootste tak (tans 45), in die SWD-distrik gegroei. Die tak se missie bly dieselfde as 84 jaar gelede, om lede se vaardighede te ontwikkel sodat hulle ‘n belangrike ondersteunende rol in die gemeenskap kan vertolk.

Volgende jaar gaan daar groot makietie wees met die tak se 85ste verjaarsdag, en hierdie jaar is lede net gevra om iewers in die natuur of tussen blomme, die geskiedenis te onthou en aan die stigter van die tak te dink.

Christa van Dyk op die 84 jaar foto by ‘n standbeeld van Anton Smith

 

 

 

Suzanne le Roux

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Retha Horn

 

 

 

 

 

 

 

Ria van Straaten

Dalene Cloete

Deville du Plessis