Sirkel: SWD
Tak: Klein-Brakrivier
Portefeulje: Leefstyl
Beriggewer: Lydie Terblanche
Datum: 22 Junie 2022
Klein-Brakrivier is Veelsydig
Taklede het tydens ‘n onlangse Mosaïek hekelwerk werksessie, baie lekker saamgekuier en geleer. Ten spyte van die (altyd) ontydige beurtkrag, kon daar tog gehekel word en die res van die tyd is gespandeer om ‘n goeie begrip van die patrone te kry. Volgens bywoners gaan dit wel ʼn tydjie neem om dit te bemeester, maar hulle sê, waar daar ʼn wil is, is daar ‘n weg. Die werkwinkel is aangebied deur uitgetrede SWD Sirkel-President, Johlene Muller, bygestaan deur Linzetta Smit. Die aanbieders was baie hulpvaardig en Johlene het op haar unieke sagte manier, aan elkeen individuele aandag gegee. Dit was beslis nie net ‘n leersame oggend nie, maar ook baie genotvol.
Almal hard aan die hekel
Ria van Straaten konsentreer hard tydens die Mosaïek hekelwerk werksessie