Sirkel: Tygerberg
Tak: Goodwood
Studierigting: Opvoeding en Kultuur
Beriggewer: Alet Colyn
Datum: 21 Junie 2022
‘n 85 – jarigeTossie Lochner stel haarself aan ons bekend as Sarah Jacoba du Toit Lochner. Sy het haar loopbaan as spraakterapeut in Kaapstad se Noordelike voorstede begin. Later, toe sy die Toerismebedryf wou betree, is sy na Italië om die taal aan te leer. Daar ontmoet sy toe ‘n Italianer by die kasteel waar sy in die tuin gewerk het. Hulle is in S.A. getroud en het by sy ouers op ‘n plasie in die Toskaanse berge gewoon. Sy het haar twee kinders, Sarah en Leonardo, in Afrikaans grootgemaak. As volwassenes het hulle teruggekom na S.A. en praat steeds Afrikaans.
Na 10 jaar in Italië het sy Engels – klasse vir kinders begin gee, en na ‘n besoek aan S.A. het die SAUK haar genader om ‘n korrespondent vir Monitor in Italië te word.
Sy vergelyk Italiaanse mans met Pinocchio. Italianers kan die lekkerste disse berei met goed uit die grond, en die mans is uitsoekerige eters… eet eers met die oë, dan die neus en dan met die mond. Mans en dames trek baie mooi aan met min geld en die klere is van goeie kwaliteit.
Sy vertel ook hoe Minister Pik Botha haar aan die Pous voorgestel het en sluit haar praatjie af met: Tossie Lochner, Italië.
Tossie Lochner (spreker) en Wenda Preuss (Voorsitter)
Wenda Preuss (Voorsitter) en Mara Binedell wat ‘n voorlesing uit een van Riana Scheepers se Katriena – boeke gedoen het.
Leave A Comment