Sirkel:Tygerberg
Beriggewer: Ita van der Merwe
Datum: 20 Junie 2022

Iris House Hospies vir getremdes wat op die Stikland-gronde geleë is, is Sirkel Tygerberg se projek vir 2022.

Die instansie probeer so ver hulle kan selfversorgend wees met hul eie groentetuin, maar word ook ondersteun deur maatskappye wat soms vars produkte voorsien vir die 600+ kliënte in die Skiereiland wat deur Iris House op ‘n rotasiebasis met etes bedien word.

Die dames van die Sirkel het aan die werk gespring en warm serpe, mussies, handskoene, sokkies, ens. gebrei en gehekel.

Tydens die dagbestuursvergadering op 20 Junie is al hierdie artikels asook ‘n televisiestel en nie-bederfbare produkte, wat deur lede geskenk is, aan die bestuurder Richard Haridien en die maatskaplike werker, Nta Nqabakazi, oorhandig. Mevrou Sue van der Linde, die eienaar, kon ongelukkig nie die geleentheid bywoon nie. Mnr Haridien het gesê dat dit vir hom ‘n heerlike gevoel is om die artikels te ontvang en dat hy ‘n gevoel van liefde, geduld en hartlikheid ervaar het tussen die dames van Sirkel Tygerberg. Hy bedank almal wat meegehelp het en belowe om foto’s te stuur van die oorhandiging aan hulle kliënte.

574 Serpe, 279 mussies, 23 paar sokkies, 5 komberse, 12 truie, 5 ‘snoods’, 10 beertjies, 14 gebreide poppies en 10 paar handskoene was van die artikels wat gelewer is.

Sakke en tafels vol warm klere deur lede van Sirkel Tygerberg.

 

 

 

 

 

 

 

 

Van die 574 Serpe wat gebrei en gehekel is

Mev René Nel, sirkelpresident, mnr Richard Haridien, bestuurder Iris House en me Nta Nqabakazi

Takvoorsitters van Sirkel Tygerberg by die artikels

 

 

 

 

 

 

 

 

Nog van die gebreide/gehekelde artikels