Sirkel: Overberg
Tak: Bredasdorp
Beriggewer: Letty-Ann Möller
Datum: !8 Junie 2022
Op 18 Junie 2022 berig Landbou.com ‘n Ankole-bul behaal R1,65 miljoen op veiling
Die Ankole-bul Cumulus NANK 10-120 het die hoogste prys van R1 650 000,00 op die nasionale Ankole-veiling naby Bela-Bela in Limpopo behaal. Die verkoper, mnr. Daniel Naudé, is van Yonder Hill Wine Farm op Stellenbosch. (Sien foto).
Die veiling is op die wildplaas, Phala Phala van pres.Cyril Ramaphosa gehou.
Saterdagoggend het sowat 100 dames van die Overberg met ‘n ander invalshoek na die Ankole-bul gekyk.
Die geleentheid was ‘n Damesoggend met Martelize Brink by Antoinette Events ten bate van die D.S. de Wet Skool vir Outisme op Bredasdorp.
Christiaan Erasmus, mode ontwerper van Suid-Afrika, het die tekstiele wat hy in Turkye ontwerp en vervaardig by hierdie geleentheid gedemonstreer. Die motief vir sy ontwerpe is ‘n Ankole-bul – bekend vir sy lang horings! (Sien foto).
Christiaan, wat in Istanboel, Turkye woon het aanvanklik dasse ontwerp maar kan deesdae ‘n mens “van kop tot toon” met sy ontwerpe aantrek.
Die Turke het die vaardigheid om reg aan sy ontwerpe te laat geskied en Christiaan sê hy wens hy kon “a skill transfer” na Suid-Afrika doen!