Sirkel: Overberg
Tak: Bredasdorp
Studierigting: Leefstyl en Openbare Sake
Beriggewer: Letty-Ann Möller
Datum: 18 Julie 2022
VLV Bredasdorp-tak se hekel-en breigroepie, die Amigurumi’s, het op die oulikste poppiepatroon afgekom en so begeesterd begin brei dat hulle besluit het om vir die Rooikruis Kinderhospitaal in die Kaap poppies te brei en dit self te gaan aflewer.
Die poppiesprojek het uitgebrei na mussies en ander speelgoed en die tyd vir ‘n formele besoek het nader gekom. Maar helaas, Verpleegadministrasie reël sedert die epidemie nie meer donateursbesoeke nie, ons moet hulle Trust nader vir aflewering “maar baie dankie Bredasdorp VLV!”
Die plaaslike koerier is nader gehark en ons verwag eersdaags ‘n foto van ons donasie veilig in die hande van die pasiënte wat die langste tyd in die hospitaal moet lê.
Hier is die poppieprojekfoto voor versending en ‘n tipiese kindersaal by die Rooikruishospitaal.
Sien ook die poppiepatroon!
Leave A Comment