Sirkel: Weskus
Tak: Velddrif
Portefeulje: Landbou en Tuinbou
Beriggewer: Cornelia van Dyk
Datum: 15 Junie 2022
Velddrif raak volhoubaar
Mnr. Werner Oosthuizen en vier leerders van Slimkoppie Akademie op Dwarskersbos op die dek van Soverby Lapa, waar ons vergader het. Volgens die dogters is volhoubaarheid iets wat oor tyd volgehou kan word, sonder dat die hulpbronne uitgeput word of die omgewing benadeel word. Voorbeelde hiervan: gebruik jou eie waterbottel oor en oor en neem jou eie inkopiesakke winkel toe.
Mnr. André Petersen van Velddrif munisipaliteit by Elize Koortzen. André gesels oor herwinning van vullis. Inwoners word aangemoedig om vullisitems te sorteer en in drie verskillende sakke te plaas.
Wit sak: karton, papier, glas, aluminium, blikkies en plastiek.
Groen sak: tuinafval wat nie na komposhoop gaan nie.
Swart sak: kombuisafval wat nie na komposhoop gaan nie, en ook nie-herwinbare items, soos bv. kleefplastiek en waspapier.
Philip Geldenhuys van DIKAIOS SOLAR, moedig die gebruik van natuurlike hulpbronne, soos wind en sonlig, aan om volhoubaar te lewe. ‘n Holistiese behoefte moet vasgestel word. ‘n Kombinasie van son- en windkrag, gas en Efkom, is moontlik. Wanneer die regte kleiner sonkragstelsel aanvanklik geïnstalleer word, is dit maklik om dit mettertyd te vergroot en uit te brei.
Rita Gresse (links) ontvang haar 55jaar-kenteken van Velddrif se voorsitter, Gina Smit.
…