Sirkel: NOK
Tak: Dordrecht
Studierigting: Gesondheid
Beriggewer: Antoinette van Pletzen
Datum: 15 Junie 2022
Nadat die lede met ‘n warm beker sop verwelkom is, het voorsitter Lenie Fourie Dordrecht se maandelikse byeenkoms geopen met ‘n gedeelte oor die seën van troos en geduld. Neem God se aanbod van genade aan – jy hét deel aan Sy hemelse rus.
Gesondheidsaamroeper, Bertha Rossouw, het die dag se spreker aan die woord gestel. Dr Arthur Schaup doen tans sy Zuma-jaar by die plaaslike hospitaal en wil volgende jaar in Psigiatrie gaan spesialiseer. Hy gesels oor Menopouse en Stres in die algemeen. Omstandighede óm ons laat ons sukkel om situasies te kan hanteer. Depressie is meer algemeen by vroue, maar selfdood meer algemeen by mans, wat geneig is om op te krop en nie sommer vir hulp wil gaan nie.
Hou op om mense vir jou omstandighede en geestelike welsyn te blameer – maak die regte keuses. Baie vrae word gevra oor die gebruik van menopouse-medikasie, en Dr Schaup noem dat die plakker nie so aggressief is soos die pilletjie nie. Die ekstra estrogeen is ook goed vir jou beendigtheid. Vanaf ouderdom 40 jr moet ‘n vrou gereeld gaan vir ‘n mammogram – veral as daar ‘n familiegeskiedenis van kanker is.
Leave A Comment