Sirkel: Middelland
Tak: Graaff-Reinet
Studierigting: Gesondheid
Beriggewer: Hanfi Neuhoff
Datum: 25 Mei 2022

Tydens die bekende en gewilde Graaff-Reinet “Stoeptasting” naweek, was dit ook weer tyd vir ons maandelikse vergadering. En toe? En toe hou ons VLV lede ons eie “stoeptasting” op Melrose se sonnige voorstoep, met mooi steeltjie glase en borrel-groen koeldrank……. vir die Gesondheid onthalwe

Anneke Wieneke, Gesondheid Saamroeper, en afgetrede mobiele klinieksuster, vertel met groot entoesiasme van hierdie belangrike mediese diens wat gelewer word aan mense op plase en vêr afgeleë plekke.

Sy benadruk dat die diens wat hierdie mobiele klinieke lewer, presies dieselfde is as die in die dorpsklinieke. Die enigste prosedure wat nie deur die mobiele kliniek uitgevoer word nie, is papsmere, omdat die privaatheid van die pasiënte prioriteit is.

Die 4 weeklikse program / skedule, word dikwels deur omstandighede omver gewerp, bv “bussie” wat breek; reën en onbegaanbare plaaspaaie, ens.
1. Vroue word met voorligting en inligting begelei van voor swangerskappe nog begin, tot kraam en dan opvolgondersoeke daarna. Baba’s word ondersoek na geboorte, en opgevolg – immunisering; ontwurming; weeg; behandel; dus word daar ‘n pad gestap met pasiënte van geboorte , dus as baba, tot in hul ouderdom / sterfte.
Gesinsbeplanning, voorbehoeding word met jong meisies bespreek( Voorligting / educate) en hul word aangemoedig om voorbehoeding te gebruik – pilletjies of sg “ naald”.
‘n Vertrouensverhouding word gebou tussen klinieksuster en pasiënt en dan kan vertroulike inligting gedeel word en delikate situasies hanteer word.

2. Algemene siektes ( hoes/ verkoue/ ens) word met medikasie behandel en volgens spesifieke reëls en voorskrifte. Verwys soms na hospitaal. Slegs uiterste noodgevalle kan met mobiele kliniek vervoer word, andersins word ‘n ambulans ontbied.

3. TB: pasiënte word volgens spesifieke protokol getoets, kan behandeling inisieer, en dan word medikasie voorsien tot hul weer skoon toets. ‘Screening’ word gedoen.

4. HIV program: omdat daar nog ‘n stigma aan kleef, word, pre- toets en post -toets berading gedoen. Word soos chroniese pasiënte behandel en gereeld gesien. Bou verhouding op. Seksueel oordraagbare siektes word met voorligting uitgewys.

5. Chroniese medikasie: diabetes ens. Kliniek maak seker dat pasiënte korrekte medikasie ontvang en korrek gebruik.

6. Voorligting / education is ‘n baie belangrike deel van die klinieksuster se werk.

7. Covid: spanne is deur die regering saam met die mobiele klinieke uitgestuur om die inenting/immunisering op afgeleë plekke te doen: Span bestaan uit ‘n spanleier; 1 wat screening doen; suster wat spuit; data capturer; bestuurder, ens.

Spuitstof is baie streng beheer wat getalle en temperature betref. Spesiale verkoeler vir alle medikasie kan by bussie gekonnekteer word om koelkas aan die gang en koud te hou. ( Covid spuitstof moet tussen 4 en 8˚C gehou word vir immunisering, en teen -72˚C geberg word. Elke entstof, Pfizer en Johnsens, het eie vrieskaste.)
Anneke meld dat sy besondere goeie samewerking van veral die boere gekry het, tydens die Covidkrisis,

Die lede deel ook boererate/ ander gesondheidsrate met mekaar :
a. Maxie v Aswegen: Raat vir sinus en hooikoors:
Meng gelyke hoeveelhede: Borrie en gemmer, en helfte daarvan se kaneel. Stoor in lugdigte houer. Drink elke oggend op nugtermaag. ‘n ¼ teelepel van mengsel in kookwater, met ‘n skeut suurlemoensap en plaaslike omgewing se heuning daarin geroer. Kaneel / cinnamon, NIE cassia nie. Gebruik daagliks op langtermyn.
Teatree olie: goed vir wonde; voetskimmel, ens..

b. Lieze Geldenhuys: ‘n sterk oplossing van warm water en Engelse sout, word gebruik vir gout, brandmerke op gesig waar met ys gebrand is, asook operasie wonde. Sit die seerplekke in die baie warm wateroplossing en hou daar tot afgekoel. Moenie afdroog nie – laat wond op eie droog word. Wond genees spoedig sonder enige merke.
– bad in warm water met engelse sout in, vir goeie nagrus.

c. Mariette Slabbert: maak salf van Engelse sout en Vaseline/ fyn Disprin en Vaseline, en smeer op wonde, of tussen en oor tone en toonnaels.

d. Marenda Lückhoff; Omgekrapte maag: meng 1 eetl elk koeksoda, meel, gemmer. Los 1 teelepel van mengsel in ½ glas water op en drink.

e. Anneke Wieneke: Omgekrapte maag: maizena / vlapoeier in water.