Sirkel: Middelland
Tak: Kraggakamma
Portefeulje: Kunste en Handvlyt
Beriggewer: Margaret van der Mescht
Datum: 14 Junie 2022
By ons vergadering bespreek Margaret van der Mescht die nut van handgemaakte boksies en sakkies om geskenke in te sit. Deesdae word geskenke veel eerder in `n interessante en stylvolle houertjie gegee as om dit in geskenkpapier toe te draai. Dit kan die eenvoudigste geskenk in iets besonders omtower en die houer word dikwels net soveel as die geskenk self waardeer. Die boksies lyk ook mooi vir troues, kinderpartytjies en `n ooievaarstee.
Basiese benodigdhede soos `n sny-apparaat, snymat en diepmerkapparaat is noodsaaklik om kartonboksies te maak. Lint, tou, koord en verskillende tooisels word gebruik vir afronding.
Elke vrou kry `n fotoplakwerkpapier wat alreeds gediepmerk is. Hulle word stap vir stap gewys hoe om die boksie te vou en daarna word die boksies versier. “Dom” vingers wil nie altyd saamwerk nie en dit veroorsaak baie frustrasie en pret!
Ons sluit die kreatiewe oggend af met heerlike eethappies en tee.
`n Voorbeeld van die boksie wat gevou gaan word.
Groot konsentrasie met die vouery!
Lede se voltooide handewerk!
Voorbeelde van nog geskenkhouertjies wat gemaak kan word.
Leave A Comment