Sirkel: Paarl
Tak: Wellington
Studierigting: Opvoeding en kultuur
Beriggewer: Juanita Loubser
Datum van gebeurlikheid: 29 Mei 2022

Om ‘n vergadering met “Sonneblom uit Betlehem “ te begin , verwarm en verryk jou oggend. SO het Ronel ons oggend opgekikker met haar sang . Ronel gee musiek en koor by Laerskool Hugo Rust. Met Laurika Rauch se musiek het sy sommer almal in ligte luim gebring.

Die digter Alria Visser deel haar passie vir Kuns & Kultuur en hoe sy begin dig het en later haar toespits op Kinderrympies . Sy het ook al haar eie digbundel uitgebring waar haar eie kinders deel vorm van die kunste in die bundel. Op haar manier span sy haar kinders in en vorm hul deel van die opvoedingsplan wat sy vir hulle het.

Haar motto is “Droom, maar doen dit NOU. Moenie altyd praat van EENDAG as ek groot is nie. Vandag is EENDAG. “

Haar dogtertjie, Leah-Mari, in gr 2 dra ook een van die gedigte voor wat sy dan ook vir Eistedfodd gebruik. Menigte van haar digkuns word deesdae vir voordrag by Eistedfodds gebruik.

Elsabe du Plessis deel ook bietjie meer oor boegoe wat 117 spesies het en net 2 word kommersiëel verbou vir olies, parfuum en medisinale gebruik. Boegoetee (1t op 1k kookwater) en wat 2 minute getrek het, is goed vir hoë bloedruk, prostaatprobleme, maak die niere skoon en is goed vir dikderm ook. .

Met al hierdie inligting in ons gedagtes, het ons ons opvoeding bietjie opgeskerp.

Ons vier ook Tannie SCB Smit se 90ste verjaardag.

 
Opvoeding as deel van die decor                                                              Décor

 

 

 

Elria Visser (links) en Leah-Mari(regs) by Susan Laubscher (Opvoeding sameroeper)

 

 

 

Susan saam met Ronel(regs) wat so mooi gesing het

 

 


Susan wens Tannie SCB Smit geluk.