Sirkel: Overberg
Tak: Bredasdorp
Studierigting: Leefstyl
Beriggewer: Letty-Ann Möller
Datum: 7 Junie 2022
Gina Joubert en haar Leefstyl gasvroue het op 7 Junie 2022 verras met ‘n keurig versierde saal. Madelé Burger het fleur aan die verrigtinge gegee met haar keurige klavierspel op die vleuelklavier in die NG kerksaal.
Joanie Pretorius het in haar opening na Hebr.13:21 verwys en haal dr Jannie le Roux aan…jy moet “wys dat jy omgee”. Jy moet so lewe dat mense die verandering kan sien.
Mari Bezuidenhout se voorlesing verwys na “leef ligter na liggaam, siel en gees”. Dit sluit aan by die tema van die volgende twee sprekers. Sy sluit af met: ‘Happiness is a Laughing Matter!
“Janet Coetzer en Saartjie Neethling van WEES se tema was: “Leef ligter na liggaam, siel en gees.” WEES is ‘a life worth living’ in praktyk. Dit is ‘n aanlynprogram met praktiese raad vir vroue oor 40, geskoei op Christenskap.
-Aspekte oor die siel sluit in emosies, gedagtes en keuses.
-Aspekte oor die liggaam sluit die positiewe effek van fisiese oefening in. Soos Janet dit stel: ” Ons is geskep om te beweeg”.
Saartjie sê: “Kos is die kragtigste medisyne” en gee raad asook ‘n demonstrasie vir ‘n gesonde slaai.
Janet doen ‘n groepoefening oor asemhalingstegnieke wat oud en jonk geniet.
Een van die hoogtepunte van die middag was toe Rosemarie Maytham die lootjie vir die Vadersdagkoek wen.
Die voorsitter, Annette van Eeden se slotwoorde was: “Sometimes it is best to say nothing at all and let God fight your battle for you.”
Lede sing die VLV-lied met klavierbegeleiding deur Madelé Burger en kuier rondom die handwerkuitstallings, koffie en vars eetgoed.
Dit was ‘n vol program: Vol tafels, vol feite, vol verrassings, vol vreugde en boonop styl-en talentvol!
Leave A Comment