Sirkel: NOK
Studierigting: Leefstyl, Kunste & Handvlyt en Landbou & Tuinbou
Beriggewer: Antoinette van Pletzen
Datum: 14 Mei 2022
27 Entoesiastiese vroue het in Lady Grey byeengekom vir die jaarlikse VLV Sirkeldag. Dit is ‘n uiters leersame en genotvolle dag waar volgende jaar se VLV-kompetisies bespreek en gedemonstreer word. Henna Botha van Lady Grey het geopen deur te sê dat ons nie “die bobbejaan agter die bult moet gaan haal” of “ou koeie uit die sloot haal” nie. Moenie inhardloop waar engele net ligvoets trap nie – “Fools rush in where angels fear to tread”. Glo aan vergifnis X 70 keer. Ek glo ook my katte maak my huis ‘n huis! “One day at a time!” Daarna het Voorsitter Elize Cloete almal namens Lady Grey-tak verwelkom.
Megan Moorcroft of Sterkstroom is the NEC Lifestyle Convenor. She discussed the following articles (with the expert help of Izak van Heerden, also from Sterkstroom): NEC Knitting – A Child’s multicoloured cardigan with sewn-on motives, made from scraps. NEC Crochet – A Bucket hat made from 5 Granny squares. NEC Machinework – A Child’s dress made of remnants. NEC open section – Patchwork/Applique ladies’ bag on an old jean. NEC Bottling – Sweet & Sour Beetroot. NEC Baking – Cookies with flooded icing, decorated according to chosen theme. NEC Sweets – Peanut Brittle
Daar is ook VLVK kompetisies wat deur Hoofkantoor bepaal word. Borduurwerk – Sorbello-werk : Klokkestrook. Masjienwerk – Informele mans-kortmou hemp. Breiwerk – Stool- en Skouerserp. Hekelwerk – Mosaïek Hekelwerk : Tafelloper. Weefwerk – 2 Plekmatjies. Wisselafdeling – Inkopiesak van ou dasse.
Sterkstroom is going to present a Mini course on 25 June, on the NEC Applique bag, as well as the cookies with flooded icing and Yeast baking.
Lenie Fourie van Dordrecht is NOK se Landbousaamroeper en sy het die Tuinboukompetisie bespreek. Dit behels dat 3-5 verskillende soorte vetplantjies in ‘n stukkende pot geplant word as tuinversiering. Vir Herwinning moet die lede ‘n Voetstoel/Bankie van ‘n klein buiteband maak deur tou binne-oor te span. Vervolgens het Marie Pretorius van Molteno die Blommerangskikking se tema bespreek: “Die mooiste van die mooiste op 2 vlakke in my voorportaal”. Ook moet ‘n Deurversiering gemaak word van droë materiaal. (bv droë rosies en geen syblomme nie).
Kunste & Handvlyt se Saamroeper in NOK is Irma Davel van Sterkstroom-tak. Sy het pragtige artikels vertoon en bespreek. NOK-Kaartjiekuns – 3 kaartjies met o.a. “Teabag folding” – aangebied deur Marieke Baker van Queenstown. NOK-Handvlyt – Artikel met gestyfde ou doillies. NOK-Inkleur – Enige diere, met blomme ook op. NOK-Dotpaint – ‘n Hangertjie versier met Dot paint art. NOK-Verf – 3 Huisies van hout.
Daar is ook kompetisies vanaf VLVK se Hoofkantoor. Beeldende Kuns (aangebied deur Retha Peens van Queenstown) – ‘n Houer vir ‘n potplant in die vorm van ‘n persoon se kop. Woordkuns – ‘n Slaaptydstorie vir kleuters. Fotografie – Waterdruppel- weerkaatsing. Handvlyt – Punt-Verfkuns (Dot paint art) Buiteblad van A4 hardeband boek (ook deur Retha Peens aangebied).
Megan Moorcroft brought along a whole table full of examples!
Lenie Fourie maak ‘n bruikbare item van tou en ‘n ou buiteband!
So mooi kan ‘n stukkende pot versier word!
Retha Peens demonstreer die blompot-kop!
Aanbieders: Retha Peens, Irma Davel, Marie Pretorius, Megan Moorcroft, Marieke Baker en Lenie Fourie
Leave A Comment