Sirkel: Weskus
Tak: Langebaan
Studierigting: Kunste en Handvlyt en Openbare Sake
Beriggewer: Cynthia Huysamen
Datum: 10 Junie 2022
Op 12 April was 65 lede op ‘n uitstappie na Kirstenbosch. Na baie gestap in dié pragtige tuine, het
ons ‘n heerlike middagete daar geniet voordat ons teruggekeer het.
Algemene Vergadering 4 Mei 2022 Kunste&Handvlyt:
Die gasvroue, ook bekend as die sonneblomsusters, het ‘n paar sing- en dansitems aangebied, wat deur Hennah Greeff uitgedink is, asook ‘n “dot painting” demonstrasie deur Ria Nagel en Sonya Uys. Die tema was die sonneblom.
Algemene Vergadering 1 Junie 2022 Openbare Sake te Beacon Kerk:
Theo van Dyk, ‘n plofstofdeskundige, het ‘n baie interessante lesing gegee oor Mosambiek en die gebeure aldaar. Hy lig ons in oor die gasvelde en ander gebeure in veral die Noorde van Mosambiek en hoe dit Suid Afrika beïnvloed – agt mans het ook dié vergadering bygewoon en was nie spyt nie.
Rouxleen Moran neem van die tak afskeid. Sy het gedurende haar tyd as lid aan 90 kompetisies deelgeneem en 3 van haar artikels het goeie punte by die Kongres behaal, waarvan een tans in Jubileumhuis uitgestal word.
Louna Niehaus oorhandig haar sameroeperkenteken aan Wilma Butler wat nou oorneem as sameroeper van Gesondheid.
Leave A Comment