Sirkel: SWD
Tak: Klein-Brakrivier
Portefeulje: Gesondheid
Beriggewer: Lydie Terblanche
Datum: 24 Mei 2022

“DIE GROOT GEHEIM”

Dinsdag 24 Mei het lede en gaste saam met Christa van Dyk (Gesondheid Sameroeper) meer geleer oor ‘die groot geheim’ van geestesgesondheid, soos positiewe energie en dankbaarheid.

   

Deel van die groot geheim                                                               Die groot geheim van geestesgesondheid

 

Die saal het feestelik gelyk met al die heerlike vars vrugte en ander eetgoed. Laasgenoemde was so smaaklik dat resepte aangevra is.

 

 

 

 

 

 

 

Die tafels het gekreun onder al die lekker eetgoed

 

 

 

 

 

Bekende kulkunstenaar en buikspreker, oom Jannie de Bruin, het met Tommie kom kuier en almal met sy vertoning vermaak.

Oom Jannie de Beer in aksie

Daar was ‘n immer gewilde mark-tafel wat soos gewoonlik goed ondersteun is.

Bottelproppies is ingehandig vir ‘n herwinningsprojek.

Gebreide- en gehekelde serpe, musse, komberse en meer is vir “67 Blankets for Nelson Mandela Day” projek ingesamel, asook teddiebere wat deur Lucia du Plessis vir die tak se jaareind- kersprojek geskenk is.

Serpe, musse, komberse – deel van “67 Blankets for Nelson Mandela Day”

 

 

 

 

Christa van Dyk – Gesondheidsameroeper

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Teddiebere vir die tak se Kersprojek