Sirkel: Middelland
Tak: Alexandria
Studierigting: Kunste en Handvlyt
Beriggewer: Anlouise O’Connell
Datum: 20 Mei 2022
Die Quinn Sculpture Garden.
Die VLV Alexandria, het hulle ledesamekoms gehou in die boom- en loofryke tuin van die professionele beeldhouer, Maureen Quinn. Maureen spreek die lede toe en verduidelik,”a scuplture is a structure in space- it stands on its own” en om hierdie rede moet dit goed ontwerp wees om waardeer te kan word.
In die tuin staan ‘n verskeidenheid van beeldhouwerke en die sinergie tussen die beelde en die tuin val jou op. Die tuin met sy inheemse plante en voëls nooi jou uit om die paadjies te volg tussen die beeldhouwerke deur en maak jou bewus van haar uitsonderlike kreatiwiteit, diverse talent en die ryk samesmelting van haar Afro-europese agtergond.
Sy gebruik haar sterk waarnemingsvermoë van die natuur en die mens in haar abstrakte
ekspressionistiese styl, In 1954 het Maureen haar loopbaan as professionele beeldhouer begin en vandag het ons die voorreg gehad om die vrugte van haar passie in die lower- en beeldryke tuin en Gallery te kon waarneem.
Sy verduidelik die proses wat gevolg word vanaf die idee by haar opkom of soos sy sȇ ”let it fall into my brain, don’t think too much about it’, totdat die beeld gereed is vir uitstalling.
Sy het verskeie werke, Nasionaal en Internasionaal, vervaardig, soos opdragte van Nelson Mandela, vir Rhodes- en Nieu-suid-Wallis Universiteite, “The rearing Arab stallion” (Dubai-4m hoog) en nog vele meer. Op 88 jarige ouderdom is sy steeds kreatief besig in haar ateljee om kunswerke te skep vir ons om te geniet.
Wat ‘n sielsverfrissende uitstappie.
Maureen Quinn aan die woord.
Leave A Comment