Sirkel: Paarl
Tak:Wellington
Tema: Woman Walk the World
Beriggewer: Juanita Loubser
Datum van gebeurlikheid: 5 Mei 2022
Aprilmaand met al sy vakansiedae het ons tak bietjie gevang, maar Woman Walk the World sal nie agterbly. Wellington VLV stap op 5 Mei ‘n Erfenisroete in Wellington. Woman Walk the World en ook Bewaar ons Erfenis word so gekombineer.
Dit was ‘n baie interessante en insiggewende stap onder leiding van Olivia by Wellington se Museum. Die ontstaan van ons pragtige geboue soos die historiese Cummings gebou, Huis Bliz, Goodnow Saal en die Hugenote Kollege is uitgelig. Ongelukkig is daar die hartseer van brande wat groot skade aangerig het en tot vandag toe nog nie herstel is nie a.g.v. ‘n tekort aan fondse by sommige van hierdie geboue . Ons kon tot ons spyt nie die Museum self besoek nie a.g.v. Eskom se kragonderbreking.
Hierdie 2km stap, en bykans 2ure later, was die moeite werd om weer die Saadjie van ons Kultuur te koester en te bewaar.
Goodnow-saal
Hugenote Kollege
Huis Bliz
Museumtuin
Stappers