Sirkel: Paarl
Tak: Suider Paarl
Portefulje: Kunste en Handvlyt
Beriggewer: Gonny du Plessis
Datum: 18 Mei 2022
Die Suider Paarl Tak het op 18 Mei hul 67 ste verjaardag gevier.
Die tafels was mooi versier en elke lid en gas het ‘n pragtig versierde kolwyntjie gekry behalwe die “Koekproe” wat met teetyd plaasgevind het. Die tema was “Vetplante in glas”
Daar was ‘n pittige voorlesing van 2 van Uys Krige se gedigte deur Marie Hammann
‘n Demonstrasie van hoe om die Koppotplanthouer te maak, is gegee deur me Willeen van Rhyn.
Sy het gewys hoe “papermache” gebruik word oor ‘n opgeblaasde ballon en ‘n voetstuk. Daar moet 5 tot 6 lae gemaak word en goed uitgedroog word. As alles mooi hard is word die boonste gedeelte van die kop weggesny en dan word dit met ‘n sekere soort klei, wat beskkikbaar is by kunswinkels, oorgetrek. Die oë, ore en neus word ook van stukkies klei op die gesig vasgesit en versier.
Me Willeen van Rhyn, wat die demonstrasie gelewer het, Wilma Kock, vise Voorsitter, Marinda Rall, Sirkel President en Gonny du Plessis, Voorsitter.
Me Bokka Wagenaar, Moeder van Willeen, Willeen van Rhyn, en Berta Spangenberg, sekretaresse.
Die tema, Kaktusse in Glas.
Kolwyntjies.
Leave A Comment