Sirkel: Kalahari
Tak: Vryburg
Studierigting: Leefstyl
Aanbieder: Marietjie Steyn
Beriggewer: Nellie Viljoen
Datum: 18 Mei 2022
Lede van Vryburg VLV deel hul kennis. Adila Theunissen demonstreer hoe blomme van plastiekhouers gemaak word. Die rande word gekrul deur dit effens met ‘n gasvlam te verhit. Dele word met ‘n gomgeweer in plek geplaas,
Esta Twigge demonstreer hoe vingerhekelwerk gedoen word.
Marietjie Steyn demonstreer die tegniek van binding in blommekuns. Sy verskaf ook wenke vir raam (framing) van artikels.
Lede het turkoois gedra om aandag te vestig op die behoeftes van bejaardes van 15 Mei tot 15 Junie. Om saam te val daarmee sal lede in Junie inwoners en personeel van Rusoord bederf.
Esta Twigge, Marietjie Steyn en Adila Theunissen
Een van Adila se skeppings uit plastiek
Lede van Vryburg geklee in turkoois
Leave A Comment