Sirkel: Tygerberg
Tak: Goodwood
Portefeulje: Openbare Sake
Beriggewer: Alet Colyn
Datum: 17 Mei 2022
Wendy Canterbury van die Smile Foundation het die lede oor hulle werk kom inlig. Hierdie organisasie is 21 jaar gelede gestig. Sy vertel dat die desperate ouers van ‘n baba wat sonder gesigsenuwees gebore is, R1miljoen sou moes opdok vir ‘n rekonstruktiewe operasie in Kanada. Hulle het ‘n brief aan Madiba geskryf, en 2 jaar later het hy hulle geantwoord met ‘n oplossing. Hulle gaan dokters in SA oplei om hierdie soort operasies uit te voer.
Gesplete verhemeltes, gewebte vingers en tone, misvormde ore, brandwonde, afwykings a.g.v. fetale alkoholsindroom en vele ander genetiese afwykings word behandel. Selfs dogters wat met abnormale groot borste sukkel, kry ook aandag. Sulke operasies vind elke Donderdag by Tygerberghospitaal plaas. Daar word ook gereeld by George-hospitaal geopereer en die meeste brandwondpasiënte gaan na die Rooikruishospitaal.
In die geval van ‘n gesplete verhemelte word die lippie eerste herstel waarna hulle aandag aan die verhemelte gee. Gedurende die “Smile-week” word 20-25 sulke operasies uitgevoer.
Ons gun aan elke kind dit wat op ons banier pryk – “Give Joy”, “Joy is always possible” en “Every child deserves to smile”
Links is Wendy Canterbury (spreker) saam met Wenda Preuss (voorsitter).
Leave A Comment