Sirkel: Overberg
Inligtingsdag
Beriggewer: Letty-Ann Möller
Datum: 10 Mei 2022

Fotografie : Waterdruppel weerkaatsing

Feit of Flater. .
in die lepel blink die water!
Die fotograaf giggel,
die druppel biggel,
maar die kamera se tyd
skakel die totale wimpeleffek uit
en elke student is uitgelate
oor die verstommende eindresultate!

Dit – in ‘n neutedop – som Estelle van Loggerenberg se mikrofotografielesing op Sirkel Overberg se Inligtingsdag op Caledon op.
Soos Odette Paxton is Estelle ook van Greyton en hulle praatjies het nou wel hemelsbreed verskil, maar hulle albei se belangstelling lê in botaniese lewe. Odette met haar blommerangskikkings en Estelle as spesialis onkruidverwydering.

Maar dis Estelle se effektiewe verduideliking van die optiese ‘zoom’-lens (by die digitale -sowel as op die selfoonkamera) wat die gehoor tot stilswye en later tot ekstase gedryf het.
#Fotografie : Waterdruppel weerkaatsing is meer ingewikkeld om op die selfoon te kiek. Mikrofotografie bring jou tot stilstand…jy sien anders, dit vat tyd, jy sien nuut (byvoorbeeld stuifmeel detail op pote).

1. Hoe vang jy die detail van ‘n waterdruppel wat boon-op moet weerkaats vas?
Deur die raampie wat jy op jou selfoon sien (gróót sien) moet jy die detail intrek…zoom. Die foto moet A5-grootte op die ou end wees.
‘n Optiese Zoom lens kan op die kamera en selfs op die selfoon (teen ‘n koste van so R2000.00) gekonnekteer word. Nou sien jy baie pixels … klomp!
As jy bv buite na die reën of dou of natspuit ‘n waterdruppel wat weerkaats wil vasvang kan die wind jou kniehalter. Werk liewer binne.

2. Fotografie beteken “teken met lig”.
Vroegoggend buite stoei die fotograaf met die skerp wit kolle van die sonlig. Versag sonstrale met waspapier. Skuif ‘n vel waspapier voor die voorwerp in. Toets die effek uit verskillende invalshoeke.
Goeie beligting is van primêre belang. Weerkaats lig van alle kante met wit doek of wit papier. Jy kan selfs ‘n flitslig skyn op blom wat jy afneem. Toets invalshoeke van flitslig. Jy kan ook die flitslig in jou kamera inspan vir effek.

3. Hoe gaan jy dit afneem?
Jy wil n druppel en ‘n weerkaatsing sien…hou die fokus net op dit wat jy wil afneem, keer byvoorbeeld die agtergrond af met ‘n lap of ‘n skinkbord. MOENIE AGTERNA ‘CROP’ NIE. Kyk hoe jy lyne kan gebruik vir fokus. Op die foto sal jy eers lig sien, dan die waterdruppel op die blom. Druk die druppeltjie met ‘n spuitnaald totdat die druppel mooi lyk vir jou foto. Sit byvoorbeeld kleursel in vir effek.
Sodra jy tevrede is met jou komposisie en met die beligting kan jy begin mik om af te neem.

4 Mik nou
Jy moet die blokkie in jou foto ‘lock’ deur die foto lank binne die blokkie te hou. Fokus op die druppel al verander die komposisie.
“auto expose” en “auto focus”
Voor jy die knoppie druk moet die foon stil wees. Bly byvoorbeeld ‘n 2- tot 3-vingerafstand van die item waarop jy fokus.
Sit jou foon neer op ‘n staander of plak dit met maskeerband vas. Jou foon MOET STIL WEES VIR FOKUS. Sodra jy tevrede is kan jy nou jou knoppie druk. Jou foon gaan skuif!

5. Self timer
Tik op die driehoek op jou selfoonkamera dan kom die TIMER SEMI-SIRKEL ‘MENU’ onder op. Stel dit op 3 tot 10 sekondes en siedaar! Die perfekte foto van ‘n waterdruppel wat weerkaats.

 

 

 

 

 

Estelle van Loggerenberg van Greyton demonstreer mikrofotografie.