Sirkel: Paarl
Tak: Malmesbury
Studierigting: Leefstyl
Beriggewer: Mia Louw
Datum: Mei 2022
Furlow Theron (071 682 6107) en Hillétje Wiehan (0845498443) van Grace Clothes and Aid for the disabled. www.clothesandaidfordisabled.com
Furlow is in 2016 verlam a.g.v.‘n rugbybesering. Sy leefstyl het heeltemal verander. Hy het geen gevoel in sy bene nie. Hy vertel dat sy liggaam nie kan sweet en sy temperatuur kan reguleer nie.
Hilletje, ‘n arbeidsterapeut wat spesialiseer in neurologiese beserings soos verlamming en beroertes, het oor Furlow se pad gekom. Gestremde persone se breinfunksie is meestal nog 100%, hulle persoonlikheid verander nie, behandel hulle dus met respek en herken hul menswaardigheid. Respekteer hul persoonlike spasie – bv. moenie die rolstoel stoot sonder om te vra nie. Mondsorg is baie belangrik, omdat hulle hul tande as ‘n hulpmiddel vir baie funksies gebruik. Grace vervaardig klere en toerusting wat onafhanklikheid en menswaardigheid aanmoedig, Dit is ‘n klerereeks wat aan- en uittrek vergemaklik en sonder nate op kwesbare plekke is om die kans vir seerplekke te verminder. ‘n Bedleer vir persone om hulself mee op te trek uit die bed; “bedseil” wat oormekaar gly om persone/pasiënte maklik mee om te draai en te verplaas na ‘n stoel; langer en waterdigte oordragplank; handstut wat hand stabiliseer om nie toe te klem na bv. ‘n beroerte nie, en ‘n hand”strap” om mee fiets te ry.
Furlow, met sy sprankelende persoonlikheid en pittige sê-goed, doen die bemarking vir Grace Cloting and Aid, want hy kan!
Furlow Theron en Hillètje Wiehan van Grace Clothes and Aid for the disabled, en Riëtha de Waal van Malmesbury VLV.
Hallo .waar in Namibie sal ek so n suil kry om n pasient om te draa asook n driepootkierie?