Sirkel: Paarl
Tak: Suider Paarl
Portefeulje: Opvoeding en Kultuur
Beriggewer: Gonny du Plessis
Datum: 6 Mei 2022

Een van die tak se projekte was om bedsokkies vir die Verpleegsorgeenheid van Huis Vergenoegd te lewer. Onder leiding van me Hendrina Rossouw, wat ook die projek voorgestel het, is die taak aangepak en het van die taklede sowel as vriendinne fluks begin brei en kon hul 54 paar sokkies op die 6de Mei aan die eenheid en ook aan die Alzheimer-eenheid besorg. Hul het gewikkel om dit voor die winter by die inwoners te kry.

Ook het die tak een van die erelede, mev Hester Smit, geluk gewens met haar 90ste verjaardag. Sy was vir 16 jaar Voorsitter van Suider Paarl Tak en het haar baie goed van haar taak gekwyt.

Mev Hester Smit en Annie D van Schalkwyk, Sameroeper van Gesondheid.


Foto 2: Vlnr: Mevv Hanlie Brits,suster in beheer van Verpleegsentrum, Annemarie du Toit, Hoof van die Dienssentrum, Wilma Kock, vise Voorsitter van Suider Paarl Tak en Hendrina Rossouw, sameroeper van Opvoeding en Kultuur van die Suider Paarl VLV tak