Sirkel: SWD
Tak: Voëlvlei
Portefeulje: Gesondheid
Beriggewer: Ada Gericke
Datum: 5 Mei 2022

VLV Voëlvlei se bestuurspan ontspan!

Spanning? Spansport? Spanbou? Spangees?

Korrek ingespan kan díé woorde vertel van die spangees wat VLV- Voëlvlei se bestuurspan en spanleiers geopenbaar het toe hulle gedurende ‘n spanbousessie die spansport Pétanque met groot spanning en inspanning aangepak het op Hartenrus se bane.
Ingedeel in vier spanne van drie elk (na sowat vyf minute se ‘opleiding’ deur Stephen en Dolla Murphy), is die wedstryde aangepak. Aanmoedigings, gelukwensings, ‘high fives’ en gilletjies van plesier is deurentyd gehoor.

Hierdie aktiwiteit word sterk aanbeveel vir ander takke se spanbousessies – veral deur Johlene Muller en Linzetta Smit wat as Women of the Matches benoem is.
Pétanque is a French outdoor game played by two opposing teams trying to throw boules as close as possible to a wooden jack.

 

 

Vlnr: Ada Gericke (organiseerder), Johlene Muller en Linzetta Smit gekies as Spelers van die dag

 

 

 

 

 

Cathy Klaassen maak gereed om te gooi

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Vlnr: Anne-Marie van der Merwe, Louisa Smit en Elize Locke

 

 

 

Spelers word aangemoedig