Sirkel: Paarl
Tak:Wellington
Studierigting: Naaldwerk
Beriggewer: Juanita Loubser
Datum van gebeurlikheid: 21 April 2022
‘n Vrou in ‘n manswêreld is nie altyd maklik nie, maar as jou naam Jeanette Gericke is en jou besigheid is Geniune Connection in die Paarl, dan byt jy op jou tande en druk deur. Jeanette is aan die diepkant ingegooi na haar man se skielike afsterwe aan malaria in 2017.
Hy het reeds in 2001 met GC begin en klere gedruk vir Stormers spanne en ander Skoolsportklere. Wat baie klein begin het met sportdrag wat op markies verkoop is, het dit gegroei na ‘n onderneming wat vandag 200 werknemers indiens het. Meeste van hulle is ook al meer as 10-15 jaar betrokke by Geniune Connection.
Soos met enige fabriek , het jy baie masjiene nodig om die produk te kan lewer en by GC het hul ook verskillende afdelings wat verantwoordelik is vir drukontwerp, koop en verkoop, bemarking, stylontwerp en snyers . GC maak spesifieke drag waar die kliënt daarvoor vra bv. rugbytruie of oorsese windbrekerbaadjies vir ‘n klub. A.g.v. Covid het hul so bietjie uitgebrei na meer skole, sporttruie en korporatiewe drag . Hul strewe na uitnemendheid en kwaliteit is wat van hul ‘n sukses maak.
Personeel moet klere-ontwerp verstaan en gestudeer het. Die tipe materiaal waarmee gewerk word, moet geken word en personeel moet kennis dra van hoe om met dit te werk. Watter ontwerpe werk op watter materiaal en werk saam of nie. Grafiese ontwerper werk weer met die borge se kentekens en hoe dit op die klere ingepas word en waar op die styl van die item.
Personeel moet ook die masjiene waarmee hulle werk, verstaan om beserings en foute te voorkom. Minder geskoolde werkers word ingespan by die strykwerk, telwerk asook skoonmaak van items en verpakking.
Alle klere se styl en kleur word ontwerp op papier in kleur en dan word dit afgedruk op skoon wit materiaal deur ‘n proses waar dit rol oor verhitte drom @ 210˚C, waarna die betrokke klere-artikel gesny en gestik word. So die drukmotief word deur hitte van die papier na materiaal oorgedra en gedruk. Dit skep ‘n baie sterk motief en kleurproses en hou sy kleur. .
Jeanette is wel aan die diepkant ingegooi in 2017 en moes van koop en verkoop spring na eienaar /onderhandelaar en besluitnemer. Gelukkig was die meeste van die personeel al jare in die fabriek en kon sy staatmaak op elkeen. So het sy ook gegroei in selfvertroue as vrou met ‘n suksesvolle span. Mag Geniune Connection nog vir jare voortbestaan en rugbytruie vir die Blou Bulle en skole tuis en internasionaal vervaardig.
Die mooi van verskillende eiers word uitgebeeld dwarsdeur die saal.
Lekker piekniekkos word geniet om by die tema van die Sportdrag-spreker te pas.
Dit is Afrika- blommerangskikkingkompetisie van Susan Laubscher
Leave A Comment