Sirkel: Paarl
Tak: Slot van die Paarl
Portefeulje: Leefstyl
Beriggewer: Annalise Loubser
Datum: 3 Mei 2022

Annalise Loubser, Elri van Wyk, Nettie Marais, Hanli Saunderson en Frouwien du Toit

Die Leefstylvergadering is opgevrolik met verskeie uitstallings nl. ou gedigteboeke om die tema Bewaar ons erfenis te ondersteun, Borduurwerk- en kruissteekartikels en Moeder Theresa-truitjies wat vir FAS-babas in Upington geskenk gaan word.

Daar word weer ’n beroep gedoen op die lede om die sensusvorm in te vul voor 14 Mei 2022.

Naki J v Rensburg het ons kreatiwiteit aangewakker met haar verwerking van ou denims in pragtige artikels. Sy gooi geen stukkie van die denim weg nie. Denim is tydloos en om skeppend te wees, doen iets aan haar binneste.

Hanli Saunderson het oor Styl en Kleur gepraat. Daar is verskillende liggaamsvorme. Deur klere en kleure kan jy balans bring. Kleur het ‘n ongelooflike effek en kan jare afvat van jou ouderdom. Verkeerde kleur kan jou dreineer en oud laat lyk. Tussen die bors en kop is die belangrikste area, want jy wil hê as jy mense ontmoet, moet hulle na jou gesig kyk. Fokus dus op die boonste driehoek. Die soomlyn is baie belangrik en moet eindig op jou kleinste deel. Jou voorkant en agterkant moet beide reg wees. Beweeg uit die aanpaskamer om in ‘n spieël buite in die gang te kyk. Lae kontraskleure sluit al die witte in. Medium kleure is geskik vir enige geleentheid. Dan kry jy ook donker kleure en helder kleure. Daar raak al hoe minder definisie tussen haarkleur en velkleur soos wat jy ouer raak. Serpe kan ‘n uitrusting maak of breek; probeer ‘n vertikale lyn kry met die serp en nie alles om jou nek nie.

Die lede het haar gepeper met vrae en so is almal met nuwe entoesiasme huis toe; kortom, mens leer altyd iets by die VLV.

   

Uitstalling van Moeder Theresa truitjies                                                        Boekuitstalling

Uitstalling van borduurwerk en kruissteekwerk.