Sirkel: NOK
90 ste Konferensie
Beriggewer: Antoinette van Pletzen
Datum: 12 Maart 2022

North Eastern Cape held its 90th Conference on Saturday, 12 March, at Dordrecht and was attended by ±40 members and guests. Secretary Antoinette van Pletzen opened the proceedings with “The 7 Ups” (Wake up, Dress up, Shut up, Stand up, Look up, Reach up, Lift up!), as well as a short sketch on what would happen if we treated our Bibles as we do our precious cellphones! After Dordrecht Chairperson, Lenie Fourie, welcomed all, she handed a tree to a representative of Dordrecht WAA branch on behalf of the Circle, as is custom every year at Conference.

 

 

Interessante praatjies is gelewer deur Sr Esmé Singleton van Queenstown wat vertel het van haar besigheid, “Easy so Nursing Care”, waar sy vroue leer wat om in basiese situasies te doen, bv. hoe om ‘n baba se boudjies reg af te vee, brandsorg, noodhulp, higiëne, ens. She also does Ultrasound, Nursing care, and Nanny training.

 

Suster Esme Singleton van Queenstown.

 

 

André Husselman (Dieëtkundige van Queenstown) het baie interessante feite uitgelig, soos hoeveel suiker het jy regtig nodig, en wat is goeie/verkeerde kosse. Kitskosse soos kits-oats is bv baie ongesond. Suiwel se 2-3 koppies per dag kan ingeneem word deur melk, jogurt, kaas, en in tee/koffie. Enigiets in ‘n blik/bottel bevat baie sout ter wille van ‘n langer raklewe, en moet dus versigtig ingeneem word. Water se 2 liter per dag, is die regte maatstaf, maar persone op nier-dialise (asook diabete) moet minder inneem. Inflammatoriese toestande is ook bespreek.

Andre Husselman van Queenstown

 

On the Arty front Dr Irma Davel from Molteno explained different types of voices, especially overtone singing and throat singing. Examples of Pentatonics and the Swedish group “Hu”’s sounds were played.

NOK vereer by elke jaarlikse konferensie 2 dankie-sê persone. Vanjaar was dit eerstens Peter Cloete van Dordrecht, skaapboer en voorsitter van Agri-OK, wat ‘n oorkonde en geskenk ontvang het vir sy bydrae in die Gemeenskap. Tannie Effie Jonker van Dordrecht VLV-tak is in die plaaslike Aftreeoord en herstel tans van ‘n operasie. Sy kon dus ongelukkig nie die Konferensie bywoon nie, maar ‘n afvaardiging van die tak het aan haar ‘n oorkonde en geskenk gaan oorhandig. Sirkel NOK het ook aan Isabel du Toit van Lady Grey ‘n 50jr-toekenning oorhandig.

Nadat die 3 Vriendskapskerse vir Sirkel NOK, Dordrecht-tak en die 2 Kulture wat vanjaar in NOK bestudeer word (Italië en die Khoisan) aangesteek is, het die lede “Song of Peace” (Finlandia) gesing. NOK se Mossie Grobler-beurs is vanjaar toegeken aan Gerda Fourie, dogter van Lenie Fourie van Dordrecht. Dordrecht het die blikkieskos wat elke afgevaardigde saamgebring het, aan die Nerinahof Aftreeoord oorhandig. Die Plakboeke oor Italië en die Khoisan is aan die plaaslike Hoërskool gegee. As Items is die aanwesiges genooi om lekker saam te sing aan outydse Afrikaanse en Engelse liedjies!

Die Sirkel se Finansiële Verslag is deur Sirkel-Tesourier, Isabel du Toit, voorgehou. Droë Perskes word weer deur lede verkoop vir Sirkelfondse. ‘n Aantal gelukkige trekkings word gedoen. Die betrokke saamroepers het die kommentare van vanjaar se kompetisies-beoordelaars deurgegee; nl. Megan Moorcroft van Sterkstroom (Leefstyl – Gebak, Gebottel en Naaldwerk); Lenie Fourie van Dordrecht (Landbou); Marie Pretorius van Molteno (Blomme); en Irma Davel van Sterkstroom-tak (Kunste en Handvlyt).

Die vlg persone en takke het vanjaar presteer :
KUNSTE: Skildery – Adele Richardson (Sterkstroom); Woordkuns – Antoinette van Pletzen (Dordrecht); Foto – Annemarie Mills Queenstown); Handvlyt Macrame muurbehangsel – Retha Peens & Annemarie Mills (Queenstown); NOK Handvlyt Macrame pothouer – Henna Botha (Lady Grey); Verf Hout-Tissuebox – Irma Davel (Sterkstroom); A4 Dotpaint – Lenie Fourie (Dordrecht); Inkleur – Tertia Cock (Lady Grey); Scrapbook – Marieke Baker (Queenstown); Rangskikking: Beginner – Elize Erwee (Lady Grey) & Gevorderd – Retha Peens (Queenstown). Die Tafelversiering-afdeling is gewen deur Adele Richardson (Sterkstroom)

LEEFSTYL: Borduurwerk – Megan Moorcroft (Sterkstroom), Masjienwerk Baadjie – Megan Moorcroft (Sterkstroom), Breiwerk – Megan Moorcroft (Sterkstroom), Hekelwerk – Retha Peens (Queenstown), Weefwerk – Lenie Fourie (Dordrecht), Wisselafdeling: Drasak – Megan Moorcroft (Sterkstroom), Gebottel – Lenie Fourie (Dordrecht), Gebak – Megan Moorcroft (Sterkstroom), Lekkers – Megan Moorcroft (Sterkstroom), NOK Borduur: Skaduwerk – Isabel du Toit (Lady Grey), NOK Brei: Teddie – Wanda Barnes (Queenstown), NOK Hekel – Megan Moorcroft (Sterkstroom), NOK Masjienwerk – Megan Moorcroft (Sterkstroom).

LANDBOU Potplantmannetjie – Lorraine Maloney (Sterkstr).

Die prys vir die Meeste inskrywings het gegaan aan Megan Moorcroft van Sterkstroom. Die mees uitstaande artikels was dié van Megan Moorcroft se Gebak (Sterkstroom); Lorraine Maloney se potplantmannetjie (Sterkstroom); Retha Peens se Blommerangskikking (Queenstown), en Marieke Baker (Queenstown) se Scrapbook asook Irma Davel (Sterkstroom) se Tissuebox. Tak-Trofees is verower deur: 1. Queenstown; 2. Sterkstroom; 3. Lady Grey; 4. Dordrecht .

Anna van Niekerk van Dordrecht het die pryse oorhandig. Ter afsluiting van ‘n baie geslaagde en interessante konferensie is die Internasionale Gebed voorgelees deur Emma Pietersen van Molteno.

‘n Deel van die Gebreide Beertjies wat aan die kinderhuis in Queenstown geskenk is.

                   
Regs:Isabel du Toit ontvang haar 50 jr-toekennning  van Antoinette van Pletzen.

                      Links: Peter Cloete het erkenning gekry vir sy diens aan die gemeenskap.


Queenstown-tak was die kompetisie-wenners op punte.

 

 

 

 

Beoordelaar Izak van Heerden van Sterkstroom word deur Lenie Fourie bedank.

 

 

 


G1 – Sirkel NOK se Bestuur: Voor is Isabel du Toit (Lady Grey) – Tesourier; Lenie Fourie (Dordrecht) – Vise-President & Saamroeper Landbou & Tuinbou; Irma Davel (Sterkstroom) – Sirkelpresident en Saamroeper Kunste & Handvlyt; en Antoinette van Pletzen (Dordrecht) – Sekretaris & Saamroeper Opvoeding & Kultuur. Agter staan: Megan Moorcroft (Sterkstroom) – Saamroeper Leefstyl; Henna Botha (Lady Grey) – Saamroeper Gesondheid; Wanda Barnes (Queenstown) – Hulp-saamroeper Leefstyl; Retha Peens (Queenstown) – Hulp-saamroeper Kunste & Handvlyt; Emma Pietersen (Sterkstroom) – Saamroeper Openbare Sake; en Adele Richardson (Sterkstroom) – Hulp-sekretaresse.

Brei & Hekel


Borduur & Macrame                                                                             Foto’s

 

 

 

 

Potplante