Sirkel: Overberg
Tak: Hermanus
Portefeulje: Openbare Sake
Beriggewer: Marlene Swart
Datum: 29 April 2022
Die VLV-lede van Hermanus het vandag die Wêreldbond vir Plattelandse Vroue, wat jaarliks die “Women walk the world” op 29 April doen, ondersteun. Die dames het die kuspaadjie vanaf Vermont se uitkykpunt al teen die see gestap tot by Onrus se Davies Pool. Dames het weereens besef dat hulle op die mooiste plek moontlik woon en dat hulle baie bevoorreg en dankbaar moet wees.
Daar is koffie gedrink by Coffee @ Davies Pool en bedien deur die vriendelike eienaar, Sibongile. Die heerlikste koffie, tee en nog vele meer is hier verkrygbaar. Sy het ongeveer vier jaar gelede, met die hulp van ‘n borg, die hut gekoop en dit pragtig uitgebrei. Vandag is die stalletjie bekend aan baie Hermanus inwoners sowel as die vakansiegangers.
Die stappers by beginpunt.
Cora Clark stap fluks voor met Mariëtte Steyn op haar hakke.
Coffee @ Davies Pool
Almal kuier lekker saam.
Leave A Comment