Sirkel: Paarl
Tak: Malmesbury
Studierigting: Opvoeding en Kultuur
Beriggewer: Mia Louw
Datum: 3 April 2022

As iemand oor 200 jaar gaan “google” wat die kultuur van die Afrikaner is, wat gaan daar opkom?

Marieta Jooste lewer ‘n insiggewende praatjie oor Kultuur, Erfenis en Tradisie.

Met skreeusnaakse staaltjies tussen in, vertel sy meer oor die geskiedenis van die Afrikaner, en die kultuur en tradisies van die Afrikaanssprekendes oor die laaste 100 jaar.
Sy prikkel ons gedagtes rondom kultuur, volk en tradisie. Vertel meer oor die “Lost Generation” en die “Greatest generation”. Sy wys ook op instansies wat tot stand gekom het tydens daardie eras bv die ACVV, Landbank, Broederbond en die VLV.

Anneri Sheridan sluit hierby aan deur meer te vertel van die ontstaan van die Voortrekkers en hoe hulle relevant bly om ‘n opbouende bydrae te lewer met vandag se jeug.

Nico van der Merwe (wat ook die CSV gestig het), het ‘n belangrike rol in die ontstaan van die Voortrekkers gespeel 90 jaar gelede. Bekommernis oor kinders in die stad wie se ouers by die myne gewerk het, het aanleiding gegee tot die ontstaan van die Voortrekkers, vandag steeds ‘n jeugorganisasie wat o.a. Afrikanerkinders se karakter deur Bybels-Christelike waardes vorm, ‘n plek waar hulle hul kultuur kan geniet en lewensvaardighede en leierskap ontwikkel.


Foto bo links: Spreker Marieta Jooste, Malmesbury VLV Voorsitter Mia Louw, Sirkelpresident Marinda Rall, bestuurslid Steffi Brink en spreker Anneri Sheridan.


Ons samel Vriendskapsmunte in. Ons tak dink veral aan die mense in die oorlog geteisterde Ukraine en die vloede in Kwazulu-Natal.