Sirkel: SWD
Tak: Klein-Brakrivier
Studierigting: Gesondheid, Landbou en Tuinbou
Beriggewer: L Terblanche
Datum: 26 April 2022

Hartvormige bessies

Wat kort jy saam met scones en room… beslis aarbeie. En dis waar Klein-Brakrivier tak net eenvoudig ‘n draai moes gaan maak – Redberry Farm. Die uitstappie het onder die Gesondheid- en Landbou en Tuinbou portefeuljes geval.

Redberry Farm is ‘n kommersiële aarbeiplaas en die spreekwoordelike landelike wegbreek met welige landskappe en majestueuse uitsigte oor die Outeniquaberge, slegs vier kilometer vanaf George-lughawe. En hier het lede en gaste geëet, gesels en met die Redberry Express-mini-trein gery

Die feit dat ‘n aarbei in ‘n hartvorm is, is die eerste teken dat die vrug goed is vir jou. Aarbeie is propvol vitamines – ‘n goeie bron van magnesium, kalium en vesels, met besonderse hoë vlakke van anti-oksidante, sout-, vet-, ‘n cholesterolvrye lae-kalorie voedsel. Ongeveer agt aarbeie bevat meer Vit C as ‘n lemoen. Dié klein gesondheidvruggies beskerm jou hart, verhoog goeie cholesterol, verlaag jou bloeddruk en beskerm teen kanker en diabetes.

Hierdie lid van die roos familie is nie regtig ‘n vrug of ‘n bessie nie, maar ‘n vergrote deel van die blom. Kies medium grootte aarbei wat ferm, plomp en dieprooi is. As hulle gepluk is, word hulle nie verder ryp nie. Hier by ons word die meeste van die Tioga kultivar gekweek, maar vanaf 1940 is daar 14 nuwe kultivars ontdek wat ook hier groei.

Aarbei slaai met geroosterde garnale
Maak 4 porsies

Slaai:
2 koppies baba spinasie, afgespoel
2 koppies blaarslaai
2 koppies aarbeie, halveer
60 gram verkrummelde bokmelk kaas
3E pekanneute, gerooster en gekap
2 klein groen uie, gesny
450 gram garnale, skoongemaak

Slaai Sous:
2E balsamiese asyn
1E heuning mosterd
1E olyfolie
1E vars gekapte basiliekruid
Knippie sout en vars gemaalde peper

Metode:
1. Kombineer alle slaai bestanddele (behalwe garnale) in ‘n groot bak. Meng liggies.
2. Maak die slaai sous: Klits die asyn en mosterd saam in ‘n klein bak; Klits stadig olyfolie in. Voeg basiliekruid by en geur met sout en peper.
3. Rooster die garnale: As dit pan warm is, voeg garnale by en rooster 3 tot 4 minute aan elke kant tot effens verbruin en deurgaar. Verwyder van hitte.
4. Verdeel slaai tussen vier borde. Rangskik geroosterde garnale bo-op.
5. Drup slaai sous oor elkeen en bedien.

‘n Heerlike en vrolike oggend – goed vir die siel.

 

 

 

 

 

 

 

So ry die trein.